KAYLIE TAYLOR

HOERSKOOL WESVALIA

Tuisdorp

KLERKSDORP

Skool

HOERSKOOL WESVALIA

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

ERNST SCHUTZ EXCLUSIVE

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n unieke rok he en daarom het ek die helder pienk gekies, maar tog minimalisties en elegant, sodat die kleur e styl kan uitstaan. Dit het nie vir my gegaan net oor 'n rok nie, maar die perfekte rok om my helder en optimistiese persoonlikheid te vertoon (om te wys WIE ek regtig is). My doel was om iets te dra wat my selfvertroue versterk en wat my laat voel soos die beste weergawe van myself en die rok het dit perfek gedoen. Toe ek hoor ons matriekafskeid is in Okt het ek nie vir eenkeer getwyfel oor die kleur van die rok nie, want dit was vir my belangrik om borskanker maand te ondersteun.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok is vir my soveel meer as net 'n kledingstuk . Dit simboliseer die harde werk, opoffering en groei wat ek deur my skooljare beleef het. Dit is vir my 'n uitbeelding van my skool loopbaan en die fase van lewe waarin ek nou is en iets om na terug te kyk en die herinneringe van m skool loopbaan te herroep. Met elke passing het 'n droom bewaarheid word en wanneer ek die rok aantrek voel ek trots op hoe ver ek gekom het en die mens waarin die Here my omskep het. Die rok verteenwoordig 'n nuwe begin wat voorle, 'n nuwe hoofstuk vol drome en moontlikhede . maar ook die einde van my skool loopbaan en alles wat ek vermag het. Dit herinner my dat God my uniek geskape het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Vir my is dit die foto's en mooi herinneringe. Om saam met vriende en onderwysers foto's te neem is vir my baie spesiaal want dit vang al die emosies en trots van die aand vas. Daar was 'n besef dat dit die begin van 'n nuwe hoofstuk is wat volg en dat "ons" dit gemaak het en my hart is vol dankbaarheid vir elkeen wat die pad saam met my gestap het.

Planne vir na matriek

Universiteit volg volgende jaar - Medies of Veearts : afhangende van die deure wat die Here vir my oopmaak.

Gunsteling woord in Afrikaans

ploeterpakkie

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Like what you see?

Share on Social Media