Jaylee Fick-Ferreira

Hoërskool Transvalia

Tuisdorp

Vanderbijlpark

Skool

Hoërskool Transvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en Designs by Marius het my droom rok uit 3 verskillende rokke uit ontwerp, hoe hy moet lyk, watse kleur hy moet wees, die valle, die blomme, pêrels en kristalle. Dit is net asof hy dadelik geweet het wat ek wou hê.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou n rok gehad het wat elegant en vroulik is. n Unieke kleur waaraan niemand sou dink nie. Die kleur pas by my velkleur. Die korset gedeelte bring my oë uit en beklemtoon my vroulikheid. Ek beplan al my Matriekafskeid van ek graad 8 is en toe ek die eerste keer my rok gesien het is dit asof al my drome waar geword het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken die eerste van n nuwe begin. n Stap in die grootmenslewe, die opgewondenheid maar ook die hartseer. Dit voel soos gister wat ek Hoërskool begin het en net so kom alles tot n einde. My matriekafskeidrok sal altyd vir my herinneringe bring van die laaste 5 jaar van my Hoërskool loopbaan, my vriende en my drome en dit wat nog kom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was toe my prentjie oor my beplanning van die laaste 5 bymekaar gekom het. Dit het my wildste verwagtinge heeltemal oortref, ek het gevoel soos n prinses uit n storieboek.

Planne vir na matriek

Ek gaan Familie Regte by Eduvos gaan swot, sodat ek kan poog om n verandering te maak by jong kinders

Gunsteling woord in Afrikaans

Ekstaties

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media