Tyler Pirie

Marais Viljoen

Tuisdorp

Alberton

Skool

Marais Viljoen

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Amoré van Scarlett Red Boutique het my rok gemaak. Ek het vir haar n paar idees gevat en sy het my droomrok gemaak

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vandat ek n klein dogtertjie was, was ek mal oor feetjies en my kamer was oorvol van die mooiste feetjies. Ek wou graag n rok hê wat my soos n feëprinses laat voel. Die kleur, die styl en die pragtigste kant het hierdie droom laat waar word.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Terwyl die rok my besonder spesiaal laat voel het, het die kleur ook n persoonlike simboliek gehad. Net soos pienk borskanker verteenwoordig, só verteenwoordig pers die kleur van my pad met epilepsie. Ten spyte van hierdie mediese toestand, lewe ek my lewe voluit en jaag my drome na.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ek my vals wimpers kon afhaal (hulle het my vreeslik gepla!) en ek kon die aand met iemand spesiaal geniet.

Planne vir na matriek

Ek wil graag n sagteware ingenieur word en gaan volgende jaar studeer vir n rekenaarwetenskap graad.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kabouter

Datum van matriekafskeid

2025-10-11

Like what you see?

Share on Social Media