Chané Wolmarans

Hoërskool Montana

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Montana

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my matriekafskeidrok by House of Superior Clothing gekoop

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Toe ek my matriekafskeidrok aangepas het het ek onmiddelik geweet dat dit die rok vir my was. Die kleur was perfek asook die asemrowende details wat daarop geplaas is. Dit was die enigste rok wat my persoonlikheid uitgebeeld het. Ek het stylvol en elegant gevoel en die rok het my dag soveel meer spesiaal gemaak

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok het vir my die geleentheid gegee om my styl na te streef en op n elegante manier uit te beeld. Die kleur, die details en die ontwerp en vorm van die rok was pertek vir my lyf. Dit het vir my baie beteken omdat dit daai kersie op die koek gesit het om my dag nog meer spesiaal te maak en ek kon nie n beter keuse gemaak het nie

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ons op die rooi tapyt geloop het en toe ek vir die eerste keer al die ander meisies in my graad se asemrowende rokke gesien het. Elke meisie se rok het haar persoonlikheid so mooi uitgebeeld en dit was so lekker om dit te sien!

Planne vir na matriek

Na matriek wil ek graag gaan studeer. Ek het voorlopige keuring gekry by die Universiteit van Pretoria om bestuur, hospitaliteit en sosiale media bemarking te gaan studeer. Ek gaan hard werk om my graad te kry en dan n goeie werk kry. Waar ek elke dag kan doen waarvan ek hou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Boerewors

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media