Karla Van der Westhuysen
Helpmekaar College
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
letterlik
What was your inspiration for your matric prom dress?
My inspirasie vir my rok het vanuit baie verskillende plekke gekom. Ek was nog nooit verskriklik mal oor besige rokke met baie details, bont kleure en baie glitter nie. Daarom wou ek my rok elegant en eenvoudig hou. Dit was vir my belangrik dat my rok klassiek, tydloos en vroulik is , sodat dit my lyf en wie ek as persoon is ten beste sal voorstel. ‘n Groot inspirasie vir my rok (my oop rug en die details op die agterkant) kom uit my journey met skoliosis en daarom wou ek die einde van 6 lang jare van ‘n rugstut dra vier met ‘n rok wat ek nie normaalweg met my rugstut sou kon dra nie. Ek wou natuurlik, elegant en gemaklik in my rok en lyf voel en als omtrent my rok het dit vir my moontlik gemaak.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My matriekafskeidrok beteken vir my die viering van die einde van ‘n journey waartydens ek nie noodwendig altyd gemaklik gevoel het in my eie vel en in klere nie, omdat ek maniere moes vind om my rugstut weg te steek en ek baie klere (styf en ‘gecrop’) wat in die mode is nie kon dra nie. My rok is vir my ‘n teken van my groei in hoe ek myself sien en my groei in my selfvertroue in wie ek is. My materiaal was ongelooflik lewendig en het natuurlik gehang en gevloei sonder enige oorbodige details. Dit verteenwoordig my uitkyk. Ek wil so natuurlik ‘ek’ as moontlik wees, ek wil elke oomblik van my lewe geniet en vertroue hê in God en Sy plan vir my.
Date of matric farewell?
2025-10-04