Xandri Palmer
Potchefstroom Gimnasium
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Inderdaad
What was your inspiration for your matric prom dress?
Hierdie rok is vir my meer as net 'n kledingstuk. Dit is 'n droom wat ek al sedert graad 7 koester en wat ek in my inspirasielêer bewaar het. Ek het daardie foto jare gelede gesien en iets daaraan het my net vasgevang: die silhoeët, die flair en die selfvertroue met 'n tikkie drama wat dit uitstraal. Die inspirasie is ook sentimenteel, dit lê in die reis van meisie tot jong dame - van drome op papier tot 'n oomblik in die sonlig. Ek het van toe af al geweet dat ek graag hierdie droom 'n werklikheid wil maak die dag as ek my matriekafskeidrok aantrek. Die oranje kleur was 'n doelbewuste keuse. Dis warm, lewendig en vol energie - 'n kleur wat nie net opval nie, maar ook 'n gevoel van selfvertroue, vreugde en durf uitstraal. Dit herinner my aan laatmiddagson in die platteland en die vrymoedigheid om jouself te wees.
What was your favorite part of your matric prom dress?
My rok praat sonder woorde. Dit sê, ek het gegroei, ek het gedroom en ek het gekies om te skitter. Meer as enige iets anders beteken my rok vir my 'n oomblik van waarheid en durf. Die durf om te droom, om te kies en om met trots te wees wie ek is.
Date of matric farewell?
2025-10-02