Catherine-Rose Minnaar

Rhenish Girls' High School

Tuisdorp

Kaapstad, Wes-Kaap

Skool

Rhenish Girls' High School

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My ontwerper se naam is Natalie Martins ( @n.a.t.139). Sy is 'n talentvolle, plaaslike ontwerper en haar passie vir naaldwerk is inspirerend. "Needles and Things" is Natalie se eie besigheid wat sy huidelik probeer bou om haar suksesstorie te kan skryf.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n rok he^ wat oorspronklik en betworend lyk. My rok moes ook pas soos 'n handskoen en daarom was dit belangrik dat die styl geskik was vir my vorm. Die materiaal met sy glinster en verskeidenheid kleur het my aandag onmiddelik getrek toe ek die lap vir die eerste keer sien.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my, is my matriekafkeidrok 'n spesiale rok ,want dit herinner my van hoe ver ek gekom het. Vanaf kleurtersool tot by hoerskool. Die geleentheid om my skool loopbaan te kon voltooi by 'n presterende skool soos Rhenish Girls' High School sal altyd 'n spesiale herinnering van my skool loopbaan wees. Die rok herhinner my ook van die viering wat my matriekafskeid was- 'n aand vol pret en geen stres waar ek soos 'n prinsess kon lyk en voel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Daar is vele hoogtepunte van my matriekafkeid, maar die mees spesiaal sou wees was my tannie wat 'n haarkapper is, wat my hare gedoen het. Ek het ook die geleentheid gehad om my gremeering deur Kyra Loubser (@kyraloubser), 'n dynamiese MUA te doen. Ons familie "pre-drinks" was by die buitengewone en onvergeetlike Kaapzicht Wine Estate. Ek het ook 'n wonderlike fotograaf Janice Thomas gehad (@JJT Photography) wat my matriekafskeid foto's baie onthoubaar gemaak het. Dit is tradisie dat ons matriekafskied in ons skoolsaal gehou word en dit het onherkenbaar gelyk-jy kon nie se^ dat dit die plek was waar ons die rekordeksamens geskryf het nie!

Planne vir na matriek

Ek beoog om 'n graad in Fisioterapie te voltooi, om my passie vir menslike welstand en rehabilitasie in my toekomende loopban te oefen.

Gunsteling woord in Afrikaans

kolwyntjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media