Ladine Van der Merwe

Hoërskool Hartswater

Tuisdorp

Hartswater

Skool

Hoërskool Hartswater

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur Elmerane van Calvers Orijinel van Bloemfontein.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek was opsoek na 'n rok waarin ek gemaklik voel, wat tydloos en uniek is terwyl dit die prentjie van klas en skoonheid skep. Met die aanpas van verskeie rokke het ek besef ek kry nie heeltemal waarna ek opsoek is nie. Ek en Elmerane het toe ons koppe bymekaar gesit om my droom rok 'n werklikheid te maak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dat almal uniek is en skoonheid vir almal anders lyk. Dit herinner my om nie myself met ander te vergelyk nie en eerder my idee van mooi wees te waardeer en uit te straal. Dit simboliseer ook vir my die einde van 'n era en 'n opwindende begin van 'n nuwe een.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ek my rok vir my familie kon wys en saam kon foto's neem. Ons is 'n groot familie en niemand het geweet hoe my rok gaan lyk nie. Ek wou dit 'n verrassing hou omdat die rok vir my so spesiaal en besonders was.

Planne vir na matriek

Ek wil graag met mense/kinders werk maar wil nie noodwendig 'n onderwyser wees nie, daarom gaan ek in 2026 'n "gap" jaar vat om eers al my opsies te oorweeg.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kolwyntjie

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media