Wianda Bekker

Hoërskool Dr Malan

Tuisdorp

Meyerton

Skool

Hoërskool Dr Malan

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Misteeq Bridal and Evening wear

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok het begin met n spesiefieke idee in my kop . Ek het geweet waarna ek soek , maar kon dit nêrens kry nie. Na baie probeerslae het ek begin kyk na ander opsies, en toe ek hierdie swart rok aanpas, het ek onmiddelik verlief geraak op hoe ek daarin gevoel het Al was dit nie die oorspronlike idee nie, het ek besef dat soms kies die perfekte rok JOU en nie andersom nie. Die rok het vir my iets wat sterk, stylvol en onmiskenbaar opvallend is uitgestraal. Dit het my anders, maar perfek laat voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net 'n mooi rok. Dit is ’n herinnering aan hoe belangrik dit is om oop te wees vir verandering en om jouself te verras. Ek het oorspronklik iets anders gesoek, maar toe ek hierdie rok aantrek, het ek vir die eerste keer gevoel: Dis wie ek is. Die rok simboliseer vir my selfvertroue, groei en vroulikheid. Dit was die laaste hoofstuk van my skoolloopbaan – en ek wou dit afsluit op ’n manier wat my laat uitstaan, maar steeds getrou aan myself bly. Hierdie rok het my daardie gevoel gegee – van trots, van krag, en van gereed wees vir wat voorlê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om daardie spesiale oomblikke te deel met die mense wat die grootste deel van my hoërskoolreis saam met my gestap het. Om saam met my vriendinne te wees – die mense wat deur die jare langs my gestaan het, gelag het en saam met my gegroei het – was ongelooflik kosbaar. Om ook die aand saam met my kerel te kon deel het dit nóg meer besonders gemaak. Die dans, die atmosfeer en die gevoel van hier is ons nou – reg vir die toekoms het dit ’n aand gemaak wat ek altyd sal onthou.

Planne vir na matriek

Na matriek is my plan om volgende jaar na Nederland toe te gaan vir ’n tussenjaar. Ek sien uit daarna om nuwe ervarings op te doen, myself beter te leer ken en bietjie die wêreld te sien. Wanneer ek terugkom, wil ek neonatal nursing studeer – dit is iets waarvoor ek ’n diepe passie het. Om vir pasgebore babas en hulle ouers te kan sorg in so ’n brose en belangrike tyd, voel vir my soos ’n roeping en nie net ’n beroep nie. Ek sien uit daarna om ’n verskil te maak op ’n plek waar liefde, sorg en fyn aandag die belangrikste is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Heimwee

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Like what you see?

Share on Social Media