Abigail de Jager

Hoërskool Waterkloof

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoërskool Waterkloof

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok self ontwerp oor die afgelope jaar en inspirasiefoto’s en sketse bymekaar gemaak om my visie vas te vang. Suné Couture het toe my droom laat waar word deur die pragtigste rok vir my te maak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was sonskyn, prinses-elegansie en fyn detail. My rok is ’n weerspieëling van my persoonlikheid – sag, vrolik en vol lewe. Ek wou hê dit moes my spontaniteit en selfvertroue uitbeeld, met tydlose besonderhede wat wys wie ek is en hoe ek voel wanneer ek my beste self is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het vir my baie beteken, want dit het my kinderlike droom om soos ’n prinses te voel, waar gemaak. Dit het my spesiaal, mooi en uniek laat voel – soos Prinses Belle vir een dag.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die regmaak voor die tyd en die fotosessie met my beste vriende en familie. Daardie oomblikke het my ongelooflik gelukkig gemaak en ek sal dit altyd onthou.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om aan die Noordwes-Universiteit (NWU) te studeer, waar ek Modeverbruikerswetenskappe wil studeer. Ek sien baie uit daarna om meer te leer oor die wêreld van mode en kreatiewe ontwerp.

Gunsteling woord in Afrikaans

Giggel

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media