Mia Ekkerd
Hoerskool Kalahari
Tuisdorp
Kuruman
Skool
Hoerskool Kalahari
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ontwerp en gemaak deur Andi van Aswegen
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Vir my matriekafskeid wou ek nog altyd graag n rok dra wat spesiaal vir my liggaamsbou gemaak is. Ek wou graag gemaklik voel in die rok wat ek aan het, maar steeds vroulik lyk. Ek is eintlik n "skipant" en tekkies "girl". Omdat ek sportief gebou is wou ek graag n rok he wat my sag en vroulik laat vertoon. Die wit broekpakkie met blou swaeltjies daarop het my gemaklik laat voel terwyl dit my lang bene beklemtoon het. Die lang, swaar, blou romp het vroulikheid aan die ontwerp verleen.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok was vir my baie spesiaal en die blou swaeltjies op die wit broekpakkie simboliseer die afsluiting van my Hoerskool loopbaan en die begin van n nuwe fase van my lewe. Swaeltjies is ook n teken van hoop, liefde, vryheid, vooruitgang en beskerming.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die aand was defnitief die rooi tapyt oomblik saam met my metgesel
( Janu van Wyk) waar almal vir die eerste keer my rok kon sien.
Planne vir na matriek
Ek beplan om eers volgende jaar n "gap" jaar te vat, waartydens ek eers seker wil maak in watter rigting ek wil gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Koester
Datum van matriekafskeid
2025-10-03