Marla Strauss
CVO Skool Ptetoria
Tuisdorp
Pretoria
Skool
CVO Skool Ptetoria
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is gemaak deur Marina Kapp. Sy werk by Pretoria Oos gemeente. Sy het my visie vir die rok vasgegryp in materiaal en blomme.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Matriekafskeid is elke jaar, die hele jaar ‘n GROOT “ding”. Almal praat daaroor, almal wonder hoe gaan hulle rok lyk ensovoorts. Van klein dogtertjie tyd af het ek gehoor ek lyk soos Emma Watson (Belle uit die fliek Beauty and the Beast). Ek wou my droomrok hê. ‘n Rok wat ek vir altyd en ewig sal onthou en soos ‘n prinses in sal voel. Geel was ‘n kleur wat sou uitstaan en as ‘n bonus BAIE mooi gepas het by my. My inspirasie was om ‘n rok te dra wat elke klein meisie se droomrok sal wees en iets wat ek nooit sal vergeet nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is soos ‘n wens wat waar geword het. ‘n Rok wat uitbeeld wie ek is. My rok dien as ‘n inspirasir vir ander klein meisies terwyl hulle ook met groot oë sit en al die rokke bewonder. Die rok het my soveel selfvertroue gegee, my pragtig laat voel en het my aand gemaak!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om my niggie se gesiggie te sien toe ek met my rok uit die kamer kom. Sy is nou vier, ‘n wonderwerk baba. Haar hele gesig het opgehelder toe sy my rok sien. Sy het nader gestap en het versigtig aan al die blommetjies gevat. Dit het my net weer herinner hoe my rok ‘n kinderwens is wat waar geword het.
Planne vir na matriek
Ek gaan aanlyn by Trifocus Exercise and Nutrition Coaching gaan studeet terwyl ek voltyds by IMove Tumbling Academy gaan help Tuimel afrig. Terselftertyd het ek my eie tuimel besigheid oorgekoop wat ek ook gaan opbou.
Gunsteling woord in Afrikaans
Mengelmoeskardoes
Datum van matriekafskeid
2025-10-01