Margot Naudê
Hoërskool Rustenburg
Tuisdorp
Rustenburg
Skool
Hoërskool Rustenburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Peter van Peter Bondesio Couture in Derby. Hy het my al met verskeie ontwerpe gehelp en het ook my boetie, Liam, se matriekafskeidpak in 2023 ontwerp en gemaak. Hierdie rok was egter vir my die hoogtepunt.
Peter is 'n perfeksionis in alle opsigte. Sy ontwerp, stikwerk en aandag aan detail is ongeëwenaard. Hy ken my baie goed en kon die visie wat ek vir my rok gehad het perfek interpreteer en laat realiseer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok is geinspireer deur die Chanel 1960's mode, met so 'n titsel Bridgerton.
Ek het glad nie die kleure ingedagte gehad nie. Ek het toevallig die brokaatlap raakgeloop en was dadelik verlief op dit. Ons het egter besluit om liewer die verkeerde kant van die lap te gebruik, waar die lappatroon 'n baie meer subtiele voorkoms gehad het.
Wat my rok vir my besonders maak, is dat ek die kralewerk kan aansit of afhaal om sodoende die rok meer aanpasbaar te kan maak vir enige geleentheid. Ek kan dus maklik 'n bietjie "spice add" deur die krale op te sit indien ek so voel.
My hele doel was dat my rok my jeugdigheid moes weerspieël, gemaklik moes dra en prakties wees, sodat ek hom weer en weer kan dra. Ek wou klassiek elegant lyk en 'n 'statement' maak. Ek is ook mal oor my rok se lengte wat my mooi skoentjies tot hul reg kon laat kom.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is nie net HOE die rok my laat voel het wat dit spesiaal gemaak het nie, maar al die liefde van verskeie mense wat ook daarin vasgevang is: oom Peter B, my ma, my tannie en my ouma vir emosionele ondersteuning. Peter het die ontwerp en al die stikwerk gedoen, maar ek wou self ook deel hê aan die maakproses, daarom het ek en my ma al die kristal en kralewerk gedoen.
My rok is vir my tydloos en ek kan nie wag om hom weer te kan dra nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
In Junie het oom Peter my rok met 'n groot spoed begin maak, want ons het op kort kennisgewing 'n sperdatum gehad. Die hele proses en opgewondenheid oor elke fase van die ontwerp was spesiaal.
Ek het einde Junie die groot voorreg gehad om my foto's in die somer in Moscow te gaan neem, terwyl ek daar gaan kuier het. Die antieke geboue en prag van die ou stad het my rok in alle opsigte gekomplimenteer. Ons het besluit om die meeste foto's by die Moskva-rivier en die Rooiplein langs die Kremlin te neem. Die foto's en video is ikonies.
Ek het vyf van my vriendinne se grimering vir die Matriekafskeid gedoen en tussenin ook my eie. Ek moes vroeg die oggend reeds begin en elkeen se opgewondenheid deur die dag en hul uiteindelike transformasie was besonders.
Planne vir na matriek
Ek beplan om DV volgende jaar B.Com Kommunikasie en Bemarking by die Noordwes Universiteit in Potch te gaan studeer.
Ek sien uit na die uitdagings wat die volgende paar jaar vir my en my boeties (en die drie Schnauzers) gaan inhou, aangesien my ouers die "memo" verkeerd geinterpreteer het en hulle die nes verlaat en tydelik landuit gaan.
Ek het op skool reeds my eie besigheid " Sweet Lily Make-Up artistry" begin en sien ook uit om dit verder uit te brei.
Gunsteling woord in Afrikaans
koddig
Datum van matriekafskeid
2025-09-23