Leané Van Eeden

Hoërskool Diamantveld

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Diamantveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die ontwerpkeuse van my rok het 12 jaar gevat om die regte keuse te maak , maar uit eindelik is hy ontwerp presies soos ek dit wou gehad het. ñ vloeiede A-lyn rok in ligblou. “ñ blou droom” ñ rok styf teen my bors en middellyf met ñ sagte romantiese gevoel , en vloei sag uit in ñ ligte blou droom. Vol lengte tot op die grond met bietjie van ñ sleep wat volg , Iets romanties en elegant , nie te oordrewe nie , maar dromerig en stylvol. Iets wat glinster en net onder lig vas gevang word.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Elke graad 1 dogtertjie begin al van dag 1 af om haar matriekafskeidrok bymekaar te sit. Na 12 jaar se wag was my inspirasie van my matriekafskeidrok om daai dogtertjie se droomrok na te jaag. ñ Rok wat fluister , nie skree nie - vol styl sonder om te probeer. Die idee van my rok was soos die gedagte van ñ Romantiese Sprokie , ñ droom wat wag om geleef te word. ñ Rok waarin ek my persoonlikheid kon uitleef iemand wat fluister maar altyd gehoor word. ñ Rok wat my laat dink aan ñ blommewind- lig , elegant en onvergeetlik.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My gunsteling deel van die rok is die manier hoe hy vinnig koppe laat draai en die woorde WOW by monde laat uitkom. Hoe die rok perfek afgerond is en hoe elke detail van die rok met liefde by gesit is.

Datum van matriekafskeid

2025-04-10

Like what you see?

Share on Social Media