Gizelle Lourens

Hoërskool Pionier

Brief explanation about your dress or design choice


Attended the school's matric farewell?

gedagtelug ń oomblik waarin jou gedagtes vrylik dwaal en jy oor idees, drome of moontlikhede dink.

What was your inspiration for your matric prom dress?

Ek het maande lank gesoek na my rok, ’n rok wat my sou herken nog voor ek myself herken het. Ek het geweet ek soek iets met fyn detail asook ñ glans van goud en silwer . Ek sien die wêreld deur die oog van die klein dinge,die stille oomblikke wat die meeste beteken, die besonderhede wat vorm gee aan wie ek is en wie ek wil wees. Daardie klein dinge het my sag gemaak, maar ook sterk. Ek wou hê my rok moes my laat voel asof ek uiteindelik kan vier dat ek die stukkies van die lewe aanmekaar geweef het en myself getransformeer het in die sterk vrou wat ek altyd wou wees. Elke steentjie op my rok dra ’n herinnering , ’n oomblik van geloof, ’n poging na ’n val, ’n klein oorwinning oor myself. My uithouvermoë het my lig gemaak en daardie lig gloei nou in my rok soos die stille bewys dat ek aangehou het en bo uitgekom het.

What was your favorite part of your matric prom dress?

My matriekafskeidrok is uniek, een van ń soort, met ’n geskiedenis en trane van geluk wat daaroor gevloei het. Toe ek dit vir die eerste keer aantrek, het ek nog nie sy geskiedenis geken nie, maar ek het dadelik gehuil. Dit het gevoel asof ek daarin alles kan bereik, asof ek myself vir die eerste keer werklik kan wees. Ek wou my lig laat straal oor die wie se liggies dalk dof is, ń stil herinnering dat selfs in donker oomblikke, daar altyd lig kan wees. Die jong meisie in my, wat altyd buite die lyne ingekleur het in die kleuterskool,want ons was geleer om binne die lyne in te kleur , kon uiteindelik haar drome in volle kleur uitleef, want geen lyne het my beperk nie. Ek het gedroom, geglo en aangehou, en hierdie rok is die simbool van daardie drome wat lewendig geword het. Ek koester my matriekafskeidrok diep in my hart. Die sterk vrou, Mej. Wêreld, Tshego Gaelae, wat hierdie rok gedra en ons land verteenwoordig het, het ń verskil gemaak, en dit is presies waarna ek ook streef. Vroue is die hartjie van ons wêreld, die draers van warmte, troos en lig. Hierdie rok het my laat voel asof ek alles kan wees wat ek ooit wou wees en dat ek die lig in myself en ander kan laat skyn. Elke glans, elke steuntjie , elke klein detail van die rok vertel my verhaal, en ek sal dit altyd liefhê.

Date of matric farewell?

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media