Clarisha Scheepers

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is gemaak deur Anmar Roesch Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My rok is geïnspireer deur klassieke Hollywood-glamour , daardie tydlose styl wat sofistikasie, glans en vroulikheid uitstraal. Ek wou iets gehad het wat voel asof dit van ’n rooi tapyt af kom: elegant en stylvol, maar steeds modern en uniek. Die skitterende materiaal, die romantiese af-skouer detail en die korset-silhoeët weerspieël my persoonlikheid en simboliseer selfvertroue, groei en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Ek het oorspronklik die onderkant van die rok op ñ Pinterest foto gesien, en dadelik op die unieke styl daarvan verlief geraak. Ek het my rok self visueel aanmekaar gesit vanaf verskeie ander style en tipes rokke inspirasie geneem sodat ek uiteindelik my droom rok kon laat realiseer.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het al van kleins af uitgesien na my matriekafskeid. Dit is daardie een spesiale aand wat soos ’n droom voel en die einde van ñ hoofstuk asook die begin van ’n nuwe een simboliseer. Hierdie rok is vir my baie meer as net ’n rok, dit is ’n weerspieëling van my groei, my selfvertroue en die jong vrou wat ek oor die jare geword het. Elke detail van die ontwerp laat my voel soos die beste weergawe van myself: sterk, elegant en vol hoop vir wat voorlê. Wanneer ek hierdie rok aantrek, voel dit asof ek letterlik in my toekoms instap met trots, grasie en waardigheid. Dis ’n herinnering aan al die harde werk en drome wat my tot hier gebring het, en ’n viering van alles wat nog kom.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was sonder twyfel die oomblik toe ek oor die rooi tapyt geloop het. Om daar te staan met soveel trots en te besef dat ek dit tot hier gemaak het in my skoolloopbaan, was ’n ongelooflike gevoel – ’n mengsel van dankbaarheid, opgewondenheid en trots op wie ek geword het. Elke stap oor daardie rooi tapyt het vir my gevoel soos ’n simboliese stap in ’n nuwe hoofstuk van my lewe. En natuurlik !! die oomblik toe die dansvloer oopgemaak het was definitief nóg ñ hoogtepunt. Om saam met my vriendinne te dans, te lag en die aand voluit te geniet, het die hele ervaring perfek afgerond en dit ’n aand gemaak wat ek vir altyd sal onthou en koester met my hele hart.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om UX Design by Open Window te gaan studeer. Ek het nog altyd ’n passie gehad vir kreatiwiteit en ontwerp en van kindsbeen af altyd van teken, verf, inkleur en enige iets kreatiefs gehou en UX Design gun my die geleentheid om daardie kreatiwiteit te gebruik om mense se alledaagse ervarings te verbeter. Ek sien uit daarna om nuwe vaardighede aan te leer, myself verder te ontwikkel en ’n loopbaan te bou waarin ek ’n verskil kan maak deur funksionele, betekenisvolle en esteties mooi ontwerpe te skep.

Gunsteling woord in Afrikaans

Flambojant

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media