Cornel Hitge
Hoërskool Piet Retief
Tuisdorp
Piet Retief
Skool
Hoërskool Piet Retief
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het aan die einde van my graad 11 jaar al verskillende foto's van rokke bymekaar gesit om my droomrok te kan ontwerp. Met die hulp van Heleen Human se kennis en vaardighede het ons my droom n realiteit gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is mal oor korsetrokke wat toeryg en het dit dus deel van my rok gemaak het. Ek wou 'n satynrok gehad het met 'n blink koningsblou tule romp bo-oor wat ek ook kan afhaal om meer opsies te kan hê. Ons het dun 'veters' en die skouerbandjies uit die satyn gemaak. Die bostuk het sagte voue en plooie wat 'n elegante element na vore bring. Ek wou ook graag 'n spleet oor my linker been gehad het wat my skoene kan laat uitsteek wanneer ek loop.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Soos Aspoestertjie kon hierdie plaasmeisie vir een aand 'n prinses wees.;om die kortbroek en plakkies vir 'n slag in die kas te los en almal te verbaas. Ek het koningsblou gekies omdat dit een van my gunstelling kleure is en later geleer dat dit geestelik gesag, wysheid, waarheid en 'n verbinding met die goddelike simboliseer wat pas by my loopbaan keuse. Ek het silwer aksente ingebring met 'n dun silwer belt en silwer platform hakskoene.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die opwinde atmosfeer tussen al die matrikulante het die aand onvergeetlik gemaak. Al die moeite van die graad elfs en onderwysers om ons saal pragtig op te maak het ons almal so spesiaal laat voel wat ons nooit sal vergeet nie. Nog 'n hoogtepunt was al die grappe wat ek en my metgesel tydens ons fotosessie en die res van die aand gemaak het.
Planne vir na matriek
Ek wil Teologie gaan studeer by UFS omdat ek graag in die bediening wil staan en 'n impak in mense se lewens wil maak. Ek wil hulle kan bystaan deur moeilike tye soos my eie dominee vir my gedoen het.
Gunsteling woord in Afrikaans
Asemrowend
Datum van matriekafskeid
2025-10-02