Vivienne Marais

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Paul-Muller de Kock

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rok kom van ’n elegante trourok deur die Pollardi Fashion Group. Ek het die idee in my eie unieke ontwerp omskep om iets te skep wat my persoonlikheid weerspieël. Ek het nog altyd geweet ek wil rooi dra — dit laat my selfversekerd voel en simboliseer vir my elegansie, styl en vroulikheid. Die “shimmer” in die materiaal weerspieël ook my liefde om te “skyn” en op te val op ’n verfynde manier.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok simboliseer vir my veel meer as net mode — Dit weerspieël my selfvertroue, my liefde vir styl en die deel van my wat nie bang is om uit te staan nie. Hierdie rok beteken vir my die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. In my rok het ek elegant en sterk gevoel, soos die vrou wat my graad 8-self eendag gehoop het om te wees. Die rooi kleur herinner my daaraan om altyd met passie te leef en met trots te skyn. Elke detail vang vir my die herinneringe en emosie van my matriekjaar vas; die vreugde, spanning en trots om myself te wees.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was defintief ons hoofleier dans en dan natuurlik ook om te sien hoe alles in plek geval het om ‘n perfekte aand te verseker !

Planne vir na matriek

Ná matriek wil ek my liefde vir kos, mense en bestuur uitleef deur BConSci (Food Management) aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fantasties

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media