Tina-Mari de Kock
Hoërskool Ellisras
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Ellisras
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is die eindproduk van 12 jaar se visie, prentjies plak en beplan, wat gerealiseer het, baie beter en mooier as my wildste drome van die perfekte rok.
My rok is elegant in 'n dramatiese goud wat my persoonlikheid uitbeeld, selfvertroue, trots en sterk met n innerlike sagtheid. Goud simboliseer vir my selfvertroue en tydlose elegansie.
Ek het gedroom maar ek het nie een oomblik verwag dat die eerste rok wat ek aangepas het, MY rok sou wees nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die Prinses van Wallis, Kate Middleton, met haar elegante styl, se asemrowende rok by die "James Bond Premiere" in 2021 was my grootste inspirasie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is moeilik om my gunsteling deel van my rok te kies omdat die hele rok vir my so spesiaal en besonders is.
As ek regtig moet kies sou ek sê dat die sleep met sy sagtheid,my laat voel asof ek in ń sprokie is.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03