SuléKa du Toit
Hoërskool Pionier
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Woefkardoes
What was your inspiration for your matric prom dress?
My matriekafskeid rok is totaal en al anders as die oorspronklike styl wat ek wou gehad het, maar die oomblik wat ek myself in daai rok gesien het was ek verlief, verlief op elke deel daarvan. Navy blou dra ń gevoel van diepte en erns, soos die nag se stilte wat jou omvou en veilig laat voel. Die kleur roep ook ń gevoel van stil verlange, soos die diep see wat gehuime fluister wat net die hart verstaan. Blou is nog altyd ń kleur wat met my praat en na aan die hart lê.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Ek het werklik verlief geraak op my rok al van die eerste keer wat ek die rok aangehaat het en myself in die spieel gesien het. In spreuke 31:10 sê hulle “ń knap vrou is baie werd, meer werd as edelstene” Dis nie dat ek laag dink van myself nie, maar met daai rok aan het dit die eerste keer in ń baie lank tyd gevoel asof ek werklik meer werd is as edelstene. Matriekafskeid is iets waaroor ek gedroom het al van kleins af en om ń mooi, elegante rok te dra. Ek het nie vir een oomblik gedink een rok kan ń mens so goed laat voel nie. In my matriekafskeid rok het ek soos ń prinses gevoel en nie een uit sproekie nie, maar een wat haar eie storie skryf en met elke tree het ń vlam binne my gebdrand. ń Stille krag wat my herhinner het aan wie ek werklik is. Toe ek die rok aantrek was dit asof ek in my eie vel terugkeer. Iets diep en oud binne my het wakker geword en vir die eerste keer in ń langtyd het ek meer as genoeg gevoel,stralend, sterk en onmisbaar.
Date of matric farewell?
2025-10-02