Edda Verwey

H/S Piet Retief

Tuisdorp

Piet Retief

Skool

H/S Piet Retief

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Na 'n lang periode van droom en wonder en Pinterest, het my ma my Pretoria toe gevat en daar het ons by The House of Superior Clothing ingestap. In die eerste kamer(die new arrivals privaat area) het daai rok soos 'n showstopper gehang. Asof iemand 'n helder spotlight op dit geskyn het. Na ek 'n paar rokke aangepas het, het ons gevra of die pienk rok langsaan beskikbaar is? And the rest is faded history!Ons het hom gehuur, want al daai glitter gaan iemand anders se probleem moet wees!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is nie eintlik 'n spotlight mens nie, maar geniet so bietjie 'deserved recognition'. Ek het geweet dis 'n aand wat jy maar kan uithaal en wys! Maar ek het geweet ek wil my dignity behou en iets los vir die verbeelding. Ek wou ook 'n gesonde voorbeeld wees vir jong meisies, dit is meer as ooit tevore belangrik om vroulikheid te vier. Ek wou hê daar moet 'n postiewe gesels gebeur sodra mense die rok sien, en dit was dit en soveel meer! Ek het nie die rok of kleur ingedagte gehad nie. As natuurlike rooikop, is daar maar die tipiese kleure wat mens verwag sal pas, veral nog met my ligte vel en bruin oë. Die rok en veral die kleur was 'n absolute verrassing vir ons almal!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Sy is vroulik, vol grasie en kragtig. Sy ken haarself goed genoeg om 'n kans te waag en speels te wees en binne 'n oogwink ook 'n warrior op 'n 700kg perd te wees! Sy is jonk, mooi en ek wil sy wees! So... Barbie meets Joan of Arc. Ek wou myself wees, jonk en redelik natuurlik, maar ook WOW!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Mens sien so lank uit daarna en soos enige groot verwagting kan die hele spul inmekaar tuimel met die makeup of hare of weer wat net nie uitwerk nie. Ons het die voorreg gehad om twee fotosessies te hê. My ma is 'n fotograaf so ons het die weer dopgehou en reëlings gemaak (en weer gemaak!) en kon alles reël om die dag voor die tyd met Atida die pragtige friesperd, ook my droom te bewaarheid! Perde is van kleins af deel van my lewe, so hierdie was absoluut living the dream! Dus het dit ook baie druk afgehaal om alles in te werk op die dag van die dans. My metgesel, Jürgen Krüse, en sy gesin was ook 'n groot deel van hoe mooi alles gelyk het. My familie was daar wat ek min sien en almal het net lekker gesellig oor die weg gekom.

Planne vir na matriek

Dis nogal oorweldigend om te besluit vir jou lewe na skool! So ek het aansoek gedoen by 'n paar instansies, maar my hoop is om 'n gapjaar te doen wat my as jong volwassene ontwikkel, bietjie pret inwerk met like-minded mense en ook iets solank deeltyds te studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Verruklik!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media