Mila Eureka Pieterse

Helpmekaar College

Ouderdom

18

Tuisdorp

Roodepoort

Skool

Helpmekaar College

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het ń ontwerper gesoek wat die kosepte van langmoue, ń lae rug, ń ‘square’ nek & ń effense sleep in een kon sit - 39 Dresses het my gehelp om my droom matriekafskeidrok ń realiteit te maak. Ons het oorspronklik gedink dat ons sou sukkel om die materiaal in ń emerald groen te kry, soortgelyk aan my ‘inspo’ foto, maar met die hulp van 39 Dresses het ons ń materiaal gekry wat byna presies soos dié was waarna ons opsoek was.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag ń elegante & klassieke rok gehad het met ietsie wat baie meisies nie sommer doen nie & dis die moue. My inspirasie kom eintlik van ń trourok af, waarop ek my oog het vanaf graad 9. Ek het nog altyd gehou van die elegante & tydlose styl van trourokke & ek wou daardie selfde gevoel in my eie aand vasvang.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die emerald groen kleur simboliseer groei, selfvertroue & nuwe beginne terwyl die bling-materiaal & oop rug ’n moderne element byvoeg. Met die moue & subtiele sleep voel dit soos ’n rok wat storie én styl kombineer - iets wat my uniek verteenwoordig. My matriekafskeidrok beteken vir my baie meer as net mode, dit verteenwoordig ’n deel van wie ek is. Omdat die inspirasie van ’n trourok af kom, herinner dit my daaraan dat elke groot oomblik in die lewe gevier moet word met styl, selfvertroue & hart.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Toe ons almal gedans het aan die einde van die aand - ek het besef dat hierdie die laaste keer is wat ek saam my hele graad byeen gaan kom.

Planne vir na matriek

Ek gaan by Akademia LLB Regte studeer, ń droom vandat ek graad 10 is.

Gunsteling woord in Afrikaans

Neh

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Like what you see?

Share on Social Media