Duanae Lessingh

Hoerskool Linden

Ouderdom

18

Tuisdorp

Linden, Randburg

Skool

Hoerskool Linden

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My Ma, Sonja het my rok ontwerp en gemaak, die materiaal is by Metro in Pretoria gekoop, waar my ma al vir 30 jaar lank hulle ondersteun met hul unike ingevoerde Kraal-borduurde kant.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

As klein dogtertjie kon ek nie blommetjie se nie, ek het "klommetjie" gese, en ek wou my rok net vol blomme he. Toe ek die kant sien met al die verskillende vorms "klommetjies" was ek dadelik verlief op dit. Die kant was 'n skaars stuk materiaal wat ek nie in enige ander verskaffer gevind het nie. Dit was net besonders.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is vir my 'n groot voorreg dat my ma my rok kon maak, en die romp gedeelte is elke individuele string krale met haar hande vasgewerk. "You have to own the dress" - Met die elegante styl en unike kleur is die rok, EG EK.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die dansbaan waar ek met geliefde vriende die aand kon om dans.

Planne vir na matriek

My groot droom is om die mediese wereld in 'n Trauma eenheid te betree, vir eers gaan ek begin met Mikro-biologie aan die Universiteit van Pretoria.

Gunsteling woord in Afrikaans

Versuim

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media