Ruby Rossouw
Die Brandwag Hoërskool
Tuisdorp
Despatch
Skool
Die Brandwag Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok was ontwerp deur Johan Wolmarans, 'n bekende ontwerper van Gqeberha.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die rok is geskep in my gunsteling kleur, geel. Ek wou graag die belangrike vroulike figure in my lewe eer, en hulle deur die aand na aan my dra. Dis belangrike vroue, onder andere my oumas en groot-ouma, wat van kleins af 'n groot impak op my lewe gehad het. My versoek aan Johan was om met 'n unieke ontwerp vir die borduurwerk vorendag te kom, wat bestaan uit die vrouens, asook my eie gunsteling blom. Dit het nóú selfs meer betekenis aangesien ek vroeër in die jaar een van hierdie geliefde dames verloor het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek dink nie ek sal ooit in woorde kan uitdruk wat die rok alles beteken nie...
Wat ek wel kan sê is: die rok het my soos 'n prinses laat lyk en voel. Daar is geen "confidence booster" soos hierdie gevoel nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Dit was 'n belewenis om al die meisies se persoonlikhede te sien uitkom in die pragtige rokke wat hulle gekies het, nie te praat van die seuns en hoe aantreklik hulle gelyk het nie.
Ek het gekies om alleen matriekafskeid toe te gaan. Ek was "mentally prepared" en het met baie selfvertroue uit die motor geklim. Toe ek opkyk staan my beste vriend voor my, gereed om my te vergesel na die rooi tapyt. Dit was 'n groot verrassing en verseker die hoogtepunt van my aand.
Dit is baie besonders om my jaar af te sluit met 'n groep goeie vriende en vriendinne. Die wete dat ons al so baie gegroei het en dat ons vir jare nog vriende mag bly, is 'n lekker gevoel.
Planne vir na matriek
Ek beplan om na matriek aan die Universiteit van Noordwes, sielkunde te studeer.
Ek sien ook daarna uit om ander aktiwiteite soos netbal, muurbal en akapella in koshuis verband te be-oefen.
Datum van matriekafskeid
2025-10-01