Juanique du Plessis

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Johan Botha Fashion

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het verlede jaar aan Mej. Affie deelgeneem, en die rok wat ek daardie aand gedra het, was ’n pragtige blou-teal kleur. Ek het soveel komplimente daaroor gekry dat ek begin dink het: Moet ek nie dalk my matriekafskeidrok ook daardie kleur maak nie? Ek is eintlik ’n baie eenvoudige mens en het aanvanklik gedink ek wil graag ’n “beige” rok met pêrels hê – iets sag en klassiek. Toe ons egter die ontwerper ontmoet, het my mamma en sussie saamgegaan, en tussen die drie van hulle het my hele plan omtrent verander! Uiteindelik het ek besluit om weer vir die blou-teal kleur te gaan – dis anders, maar ongelooflik mooi, en dit laat my regtig uitstaan sonder om oordadig te wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit maak nie saak hoe eenvoudig jou rok is of watter kleur dit het nie – wat regtig saak maak, is dat jy gemaklik daarin voel. ’n Mens wat gemaklik is in haar rok, lyk outomaties tien keer mooier! Ek hou baie van dans en daarvan om gemaklik te wees, daarom moes ek seker maak dat my rok al my “dance moves” kon hanteer. Die kleur en ontwerp van my rok weerspieël my persoonlikheid perfek. Ek is ’n sprankelende, energieke jongmeisie met ’n groot lus vir die lewe, en ek hou daarvan om my eie ding te doen. Vir my gaan dit nie oor hoe eenvoudig of uitspattig ’n rok is nie – of of die kleur algemeen of uniek is nie – want die persoon wat die rok dra, maak uiteindelik die hele prentjie. Daarom het ek besluit om my persoonlikheid deur my rok uit te beeld en gemaklik te voel op die aand, sodat ek die hele ervaring ten volle kon geniet.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om die finale prentjie bymekaar te sien kom, was ongelooflik – dit was die groot dag waarna ek al van Graad 1 af uitgesien het.

Planne vir na matriek

Volgende jaar gaan ek by NWU studeer, waar ek BSc Sport Coaching and Human Development Studies gaan doen. Daarna wil ek graag my Honneurs in Kinderkinetika voltooi.

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Like what you see?

Share on Social Media