Nadia Venter
Die Hoëskool Wonderboom
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Die Hoëskool Wonderboom
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My 1ste probeer slag om n rok vir my te ontwerp het nie uitgewerk soos ek dit wou gehad het nie en toe moes ons n rok vir my aanlyn bestel omdat daar te min tyd was om iemand anders te kry om vir my n rok te ontwerp.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het iets gesoek wat vir MY gemaak is ,iets wat my gunsteling kleur en my persoonlikheid uitbeeld .Dit is nie noodwendig iets wat ek sou dra in die verlede of in gedagte gehad het nie maar toe ek die rok sien toe kry ek so gevoel in die spesifieke rok, ek het n kans gevat en hom bestel ,nadat ek hom bestel het ,het ek eers begin twyfel maar toe die rok aankom by my en ek hom vir die 1ste keer hom aanpas toe verander my siening in alles ! Ek kon nie glo hoe mooi die rok op my lyf gesit het nie .Ek was verbaas en 100% vas oortuig dat dit is MY ROK . Ek kon nie wag om hom op die dag te dra nie .
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok beteken vir my so baie .Dit is nie net n rok vir my nie maar al my herinneringe wat daaraan saam gaan .Ek was so dankbaar vir die keuse van n rok wat ek gemaak het. Die feit dat my ouers en veral my kêrel elke 5 minute vir my gese het ,"jy lyk so mooi my engel " ,het als net nog meer spesiaal vir my gemaak en die rok het my anders laat voel ,alles in n goeie manier ,en my confidence gegee op verskeie maniere.Die rok is iets wat ek altyd na kan kyk en elke mooi en spesiale herinneringe kan onthou van daai dag en daai aand .
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was die samekoms vir ons as n graad 12 groep saam vir die laaste keer op so n geleentheid en die tyd wat ons as vriendinne en ek en my kêrel kon spandeer .Nog n hoogtepunt was om my ouers trots te maak en met hulle ook die groot dag van my te spandeer.
Planne vir na matriek
Ek is van plan om na matriek aansoek te doen by n werk wat my kan help studeer en meer goed leer soos ek werk en myself op te bou in die lewe .
Datum van matriekafskeid
2025-10-09