Jody-Ann Buys
Hoërskool Pacaltsdorp
Brief explanation about your dress or design choice
Attended the school's matric farewell?
Yes
What was your inspiration for your matric prom dress?
My inspirasie vir my rok was dat die rok nie net mooi was nie, maar ook ongelooflik elegant. Die eerste keer toe ek die rok sien, het dit my asem weggeslaan. Die glans en uniekheid van die rok was een van die dinge wat my geïnspireer het om soos ’n jong model te voel wat al haar battles kon en kan oorwin.
Niemand sou ooit kon dink dat ’n rok iemand se lewe so kan verander nie, maar vir my het die rok dit gedoen! Hierdie rok het my laat uitsien na die goeie dinge daar buite — na wat ek kan word en bereik. Dit het my laat besef dat selfs iets soos ’n rok jou kan laat glo in jouself en jou eie waarde.
Vir ander mag dit dalk lyk soos enige ander rok, maar vir my was die rok uniek, besonders en vol karakter. Die skittering van die materiaal het nie net buite gestraal nie, maar ook binne-in my. My rok het my laat voel soos die beste weergawe van myself — vol hoop, trots en dankbaarheid vir hoe ver ek al gekom het.
What was your favorite part of your matric prom dress?
Eerlikwaar, ek kan nie sê daar was net een gunstelingdeel van my rok nie, want alles daaraan was vir my wow! Maar as ek moet kies, was dit beslis die verskillende kleure wat saamgesmelt het — dit het gevoel asof ek self kon besluit watter energie ek wil uitdra. Elke kleur het sy eie storie vertel.
Die snit van die rok en die styl van die sleep was ook een van my gunsteling dele, want dit het my laat voel soos ’n regte prinses 👸. Ek voel my rok het regtig uitgeblink. Die turquoise kleur was iets besonders — jy kry dit nie sommer nie — en dit het die hele voorkoms afgerond met ’n sagte, dromerige glans.
Date of matric farewell?
2025-10-02