Rochelle Matthee

Hoërskool Fichardtpark

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Fichardtpark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok was klomp verskillende idees van verskeie rokke wat bymekaar gebring is. Elke deeltjie net soos ek dit wou hê. Met baie detail, n lang sleep en moue uit kant gemaak. Die kleur is uniek en die kant met blomme was so “ek”. Dis beskeie maar elegant en presies die prentjie wat ek in my kop gehad het . Dit was selfs mooier op die dag.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was definitief my ma se matriekafskeidrok. Dieselfde idee, unieke kleur, styl en met baie ‘detail’. Tog baie anders met lang moue en n baie langer sleep. n Elegante , maar beskeie rok met dele wat dele van my persoonlikheid so goed uitbeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die fyn detail, die kant waaruit my moue gemaak was en die mooi blom en blaar patroon wat op my bors, rug en sleep voorkom het definitief uitgestaan.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media