Kayla du Toit

Hoërskool Duineveld

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Duineveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

In 'n klein dorpie soos Upington ken almal mekaar. Daarom het ek 'n plaaslike ontwerper gevra om my rok te maak - Ingeven deur Betty Brown. Die ontwerper ken my persoonlikheid en ek het geweet dat sy die prentjie in my kop presies sal vasvang. Ek het hierdie pienk balrok gekies omdat dit sag, elegant en prinsesagtig voel. Die kleur pas perfek by my persoonlikheid, dit wys sagtheid en vroulikheid, maar ook selfvertroue. Die detail by die bors en die vloeiende ontwerp met die verskeie lae materiaal maak dit eenvoudig, maar tog steeds stylvol. My hare is elegant, in 'n los opsteek styl, met 'n klein kroontjie om die prinses prentjie te voltooi.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Elke klein dogtertetjie droom om 'n prinses te wees, selfs al is dit net vir een aand. Dit was my droom ook. Ek wou die volle prinses- fairytale aand hê. Soos Aspoestretjie, een aand in 'n pragtige rok, met al die oë op jou, tot die klok 12uur slaan.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Verseker die kleur.

Datum van matriekafskeid

2025-04-25

Like what you see?

Share on Social Media