Miché van Greunen

Hoërskool Noordheuwel

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Noordheuwel

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is gemaak deur my ma en my tannie. Ek het begin met n idee wat ek op pintrest gekry het maar na n paar aanpas sessies en verskillende style het ek besluit om n noupassende rok wat baie helder en blink is te kies. Dit pas my persoonlikheid. So het daar ook n sê ding vir die matriek afskeid ontstaan wat sê "Meer is Meer". Ek het geweet ek kort n rok wat gemaklik is want ek hou van dans.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok het gekom van vroer die jaar waar ons by die Sonneblom Fees was. Die aanbiedders van die fees is Alvin en Anrika Bruinders (Baie mense onthou oom Alvin van Vetkoek Paleis af) Tannie Anrika het die mooiste meermin rok gedra en so pragtig soos altyd gelyk en ek het net gedink ek wil ook so helder skyn soos sy.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok was vir my so mooi en my ma en my tannie het hul goed van hul taak gekweit. My gunsteling deel was dat alles op my rok deur die aand verwyder kon word, ek het die groot sleep skirt gehad wat ek kon afhaal vir waneer ek moes dans. Dan die poffertjie op die mou het ek nooit afgehaal nie maar as ek sou wou kon ek.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media