Janke Bothma

De Villiers Graaff

Ouderdom

18

Skool

De Villiers Graaff

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok weerspieël wie ek is – eenvoudig, natuurlik en eg. As ’n plaasmeisie wou ek iets hê wat my gemaklik laat voel, maar my ook soos ’n prinses laat lyk. Die rok is sagblou, ’n kleur wat my liefde vir die buitelug en sonskyn simboliseer. Die materiaal val liggies en beweeg saam met elke stap, terwyl die fyn kantdetail ’n tikkie elegansie byvoeg. Dit is nie oordadig nie, net mooi – soos ek dit wou hê: eenvoudig, stylvol en vol van my eie persoonlikheid.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets dra wat elegant is, 'n rok wat uitstaan sonder om oordrewe te wees. Die ligblou kleur en die fyn kant gee 'n sagte, dromerige gevoel, tereyl die styl tog modern en uniek is.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die uitleg van die bo-stuk. Elke stukkie kant moes geknip, gemeet en gepas word, om 'n eenheid te vorm.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media