Clarize van der Nest

Hoër Volkskool Potchefstroom

Ouderdom

18

Skool

Hoër Volkskool Potchefstroom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My droomrok van begin van graad 11 af. Die spesifieke rok moes 'n toonbeeld wees van my persoonlikheid. Stylvol, ellegant, klassiek met besondere fyn detail. 'n Sagte styl wat vroulikheid weerspieël en 'n storie wat vertel word van uniekheid en oorspronklikheid.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die blomme inspirasie met die sagte oester kleur, die luukse gevoel van die milano satyn asook die sagte tule lap wat daaroor gedrapeer is, my oop, lae rug idee met die fyn pêrel knopies langs die kant het bygedrae tot 'n romantiese, outentieke kombinasie met 'n moderne gevoel om my peroonlikheid as misterieus, dog sag en vroulik uit te beeld. Die ou- goud, pêrel, khaki groen en appelkoos kleure van die verskillende blomme (handgemaak, geborduur asook aangekoop) met kontras van spatseltjies blou en bruin/pienk asook die takkies tussen die tule lap versteek, het voorwaar ‘n sprokies woud uitgebeeld.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was iets heel anders en oorspronklik. Ek het volle vertroue gehad in Pieter Bondesio se ontwerpstyl en naaldwerk, maar ek het geweet dit gaan 'n uitdaging wees om elke blommetjie met die hand op te werk op so 'n manier dat die kleure bymekaar pas. Elke styl van die blommetjies is sorgvuldig uitgekies, want ons het nie met een stuk lap gewerk nie. Dis 'n voorbeeld van hoe elke fase van my lewe verskillend en uniek is, en dan tog bymekaar uitkom en volmaak en uniek lyk, afhangende van hoe jy jouself uitbeeld. Dit is wat ek wou uitbeeld.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media