Lirie Mellet
Hoërskool Lydenburg
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Lydenburg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek wou graag ‘n rok hê wat vloei, lig reflekteer, elegant is en my persoonlikheid weerspieël. Ek is ‘n sorgelose ekstrovert wat die lewe lief het en my ontwerper, Claire Elaine het dit perfek reg gekry om my in die rok vas te vang.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was ‘n donker rooiwyn tulle kleur, van ‘n prentjie af natuurlik, wat ‘n romantiese, sprokiesagtige voorkoms skep. Die oop rug en dun bandjies voeg elegansie en modern styl by wat mooi kontrasteer met die sagte, volumineuse onderkant. Die manier waarop dit lig vang en in die wind beweeg, gee die gevoel van beweging en drama.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel by verre was my heel laaste pas….ek het soos ‘n prinses in die rondte gedraai en sonder dat ek dit weet het my ontwerper gesê dat dit vir HAAR die teken is dat dit die perfekte rok (vir my) is.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02