Michaela Blignaut
Hoërskool Transvalia
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Transvalia
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het hierdie rok gekies omdat dit my persoonlikheid weerspieël – elegant, maar steeds modern. Die kleur laat my veltoon uitstaan. Ek wou iets hê wat tydloos is, maar steeds uniek, en hierdie ontwerp het daardie balans perfek getref.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek is al lank baie betrokke by die modewêreld, veral by patrone en rokontwerp. Verlede jaar het ek die wonderlike geleentheid gehad om Suid-Afrika oorsee te verteenwoordig. Tydens dié ervaring was ek aktief betrokke by die maak van rokke — van die ontwerp tot die finale afwerking.
Daarom het ek vanjaar besluit om iets heeltemal anders te doen as die gewone “pageantry”-rok. Ek wou ’n unieke styl hê wat geen ander meisie al by haar matriekafskeid gedra het nie — iets oorspronklik en besonders. My doel was om ’n rok te hê wat uitstaan, my persoonlikheid weerspieël en ’n ware modeverklaring maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van my rok was die V-vormige detail aan die agterkant van die rok. Die manier waarop dit my figuur perfek beklemtoon het, het die ontwerp ekstra elegant en uniek gemaak. Dit het my nie net laat uitstaan nie, maar ook laat voel soos die beste weergawe van myself.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02