Euné Fouché

Hoërskool Frikkie Meyer

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Frikkie Meyer

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok ontwerp en gehoop om hom in my tuisdorp, Thabazimbi, te laat maak, die plek waar my wortels lê… maar die lewe het my na Fourways geneem. Ek het hier en daar veranderinge aangebring en toe die ongelooflike geleentheid gekry om my rok deur Diaan Daniels te laat maak. Wat eers soos ’n verandering van planne gevoel het, het uiteindelik iets baie groter geword – ’n ervaring wat my laat groei het en ook gewys het dat verandering soms net die begin van ’n groter droom is.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was ’n ligblou satynrok wat by my natuurlike donker gelaat pas, met sagte tule en glinsterende detail — iets wat vir my modern, elegant en tydloos voel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

As ’n bosveldmeisie was my inspirasie ’n moderne Cinderella-styl rok — iets wat glansend en tydloos is, maar met ’n bietjie ekstra sprankel en vroulike flair. Ek wou iets hê wat stylvol is, maar steeds wys wie ek is.

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Like what you see?

Share on Social Media