Kylie Erasmus

Hoërskool Monument

Ouderdom

17

Skool

Hoërskool Monument

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Hierdie matriekafskeidrok en kledingstuk is nie net ’n modekeuse nie … dis ’n kragtige styluitdrukking van selfvertroue en persoonlikheid wat skyn oor die gesig van vroulikheid en styl. Ek wou graag n matriekafskeidrok hê wat my oë en velkleur sou laat “pop!”. Die fuschia pienk kleur is lewendig en vol energie, wat perfek was om vir een aand bietjie uniek en anders te wees. Om dus nie bang te voel om uit te staan. Die moontlikheid om uit te straal as een van die Here se kunswerke. Terwyl ,die detail van die afwerking van die krale elegant van die slit af val,wat elke stadige beweging optel .Amper asof die krale help om ‘n storie te vertel van my rok wat vroulikheid en elegansie voorstel,sowel as ’n gevoel van luuksheid Die krale bring n gevoel van jeug wat nog gekoester moet word maar sowel ook n bloeisel van vrou word. Die uitgesnyde sye en oop rug bring balans tussen gewaagdheid en styl. Dié ontwerp kies ‘n fyn lyn tussen modern en om my ware Barbie self uit te leef vir een aand. Hierdie rok is my once-in-a-lifetime rok Dis ’n rok wat sê: “Ek’s hier, ek straal, en ek’s trots op wie ek is.” My ontwerper,Natasha Gouws van VNG Designs het hierdie pragtige visie van my droom matriekafskeidrok n werklikheid laat word en ek is ewig dankbaar vir al haar geduld! En dis alles te danke aan die Here.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my rokkeuse spruit uit ’n begeerte om iets te dra wat nie net mooi is nie, maar wat persoonlikheid uitstraal en betekenis dra. Fuschia pienk is nie sommer net ’n kleur nie … dit simboliseer selfvertroue, energie en vroulikheid. Dis helder, lewendig en vier die lewe, presies hoe ’n matriekafskeid voel. Die keuse van pienk wys dat ek nie bang was om op te staan en gesien te word nie, maar steeds sagtheid en grasie in my voorkoms wou behou. Die ontwerp self ,met die elegante V-nek, oop rug en die fyn kraaldetail wat van die slit afhang , is geïnspireer deur ’n kombinasie van moderne styl en tydlose glamour. Die krale voeg ’n handgemaakte gevoel by die rok Dié rok is gekies om nie net aan die buitekant te skitter nie, maar om iets van die binnekant ook te wys: ’n jong vrou wat dapper, mooi en vol lewe is – gereed om haar eie storie te begin skryf.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die fuschia pienk kleur van my rok gepaard met die glinsterende krale wat afhang van my rok se slit is virseker een van my gunsteling dele van my matriekafskeidrok,omdat die fuschia pienk kleur werklik uitgestraal het op my vel kleur wat my n ander tipe vrymoedigheid laat ontwikkel het om n selfversekerde jong dame te wees met selfvertroue.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media