Jana van der Merwe
Hoërskool Kirkwood
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Kirkwood
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek wou 'n rok laat maak wat kan uitbeeld wie ek is. Kleurvol en stylvol met baie blomme. Die styl moes genoeg ruimte laat vir die blom detail.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het van die begin af geweet ek wou blomme op my rok hê, omdat ek 'n baie groot liefde vir blomme het en selfs blomme plant. Om 'n kleur te kies was moeilik maar op die ou end was dit eintlik n baie sentimentele kleur, omdat dit die laaste kleur was wat my pa gedra het voor hy oorlede is en dit het sommer gevoel hy is by my. Die rok wys die prentjie in my hart en kop.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel was definitief die blomme, maar die mou staan ook vir my uit en dit rond die rok mooi af.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03