Inesse van Zyl

Oranje meisieskool

Ouderdom

17

Skool

Oranje meisieskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ’n cherryrooi ontwerp met rooi mirror discs op die korset en ’n vol, tweelaag romp. Ek het dit in Maart by Casper Bosman laat maak en wou iets hê wat tydloos, stylvol en uniek is.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was om iets te dra wat beide elegant en uniek is. Ek wou hê dit moes my persoonlikheid weerspieël; selfversekerd, stylvol en effens gewaagd. Die cherryrooi kleur het my dadelik aangetrek omdat dit krag en passie uitstraal, terwyl die rooi mirror discs ’n moderne en glansryke gevoel gee. Ek wou iets hê wat tydloos mooi is, maar steeds aandag trek op ’n gesofistikeerde manier.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek was verlief op die korset met die rooi mirror discs. Dit was die perfekte balans tussen elegant en opvallend. Die detail het die rok lewendig gemaak en dit besonders laat voel.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Like what you see?

Share on Social Media