Elmé Burger

Hoërskool Nelspruit

Ouderdom

18

Tuisdorp

Nelspruit

Skool

Hoërskool Nelspruit

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeidrok is ontwerp en gemaak deur Stephen van Eeden Atelier, Woodstock, Kaapstad

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vir my was die inspirasie agter my matriekafskeidrok om iets te dra wat elegant en sag is, met ’n tydlose en sprokiesagtige gevoel. Ek wou hê dat die ontwerp my persoonlikheid moes weerspieël — eenvoudig, maar steeds vol betowering. Die idee was om daardie delikate balans te vind tussen styl en dromerigheid; iets wat lig en vroulik voel, maar tog klassiek bly. Dit was vir my belangrik dat ek nie net mooi voel nie, maar dat die rok ook ’n verlengstuk van my eie styl en karakter sou wees — iets wat ek eendag met ’n glimlag sou onthou.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my veel meer as net ’n mooi aand — dit verteenwoordig groei, herinneringe en die afsluiting van ’n spesiale tydperk. Dit was ’n manier om myself uit te druk en met selfvertroue in ’n nuwe hoofstuk van my lewe in te stap. Elke detail van die rok herinner my aan hoe ver ek gekom het en aan die jong dame wat ek geword het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was vir my die oomblik toe ek uit die kar klim en alles om my net reg gevoel het. Ek het so trots en dankbaar gevoel, besef hoe ver ek gekom het en hoe hierdie aand ’n mooi afsluiting is van my skooljare en die begin van 'n nuwe hoofstuk.

Planne vir na matriek

Die plan is om Pretoria toe te gaan. Ek het voorlopige keuring gekry vir Somatologie by die Isa Carstens Academy.

Gunsteling woord in Afrikaans

Kosbaar

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Like what you see?

Share on Social Media