Zoeye Groenewald

Hoërskool Swellendam

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

So ek het gedink ek weet presies wat ek wou hê en het pligsgetrou al vanaf graad 8 n inspirasie bord gehad vir "DIE PERFEKTE MATRIEK AFSKEID ROK".Ongellukig hou Zoeye mos van om teen die stroom te swem en toe die dag kom om by Tannie Mirinda Boshoff se tower werkstasie in te stap toe weet Zoeye nie meer wat sy wou hê nie.Ek besluit toe op die volgende "Tannie ek weet glad nie wat ek wil hê nie my rok moet lekker wees vir tannie om te maak, lyk soos n kunswerk met materiaal wat 3D lyk en anders wees nie uniek nie anders".Toe Zoeye (ek) Uiteindelik besef "DIE PERFEKTE MATRIEKAFSKEID ROK " Is nie vir my nie ,maar die rok van my hart moet uit my hart kom .Kon ek selfversekerd my eie rok ontwerp en in kuns omsit.(Dankie tog aan my top model boeke wat ek nog van klein tyd in my kas gehad het anders sou ek nie die rok kon teken nie.)So in kort verduideliking my rok se ontwerpkeuse?Sal ek moet sê is sekerlik 'n stukkie van my siel wat ek koester.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Swellendam

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was n mengelmoes van idees soos 'n kunstenaar se werkstasie.Ek het verskillende eras vir rokke van toeka tot nou gesoek.Van af outydes Queen Anne nek lyne, tot Vincent Van Gogh skilderye en die nuutste satyn het ek soveel as moontlik proebeer inwerk.Die materiaal was die dryfkrag agter die hele rok en was 'n missie om te kry waarvoor ek baie dankbaar is ,want my mode ontwerper Tannie Mirinda Boshoff het haar goed gekwyt van haar taak en nie gerus todat die perfekte materiaal gevind is nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My Gunsteling deel van my matriekafskeid rok is hoe dit 'n gemeenskap saam bring.Nou ek weet dit klink vreemd.Hoe kan 'n rok 'n gemeenskap saambring? Eersten die manier hoe dit my modeontwerper uitgedaag het en nuwe maniere en stukpatrone aan geleer het wat sy op toekomstige rokke kan gebruik.Ek sal vir ewig dankbaar wees aan haar.Tweedens hoe dit die gemeenskap se gesigte laat ophelder het en my ouers se harte laat swel het om komplimente te kry oor hoe beeldskoon hulle dogtertjie gelyk het.Derdens hoë dit ironies generasies saam bind niks maak my meer bly as om te sien hoe ek ,my ma en my ouer suster almal dieselfde kleurskema vir ons rokke gehad het nie en dit was alles onbeplan.Ek kan nie wag om die rok te koester vir generasies nie en te dra na my eerst ISA Carstens koshuis dans en om dit dalk te dra as ietsie blou vir my troudag (of so spot ek) en laastens dit te hou vir my toekomstige dogtertjies.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media