Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rede waarom ek hierdie ontwerp gekies het, is omdat ek 'n rok wou hê wat treffend maar ook uniek moes wees! Alles ontrent my rok was net perfek, die verskillende materiale en texture wat mekaar komplimenteer met ongelooflike mooi detail. Ek wou nog altyd 'n pienk rok gehad het en my rok is beslis mooier as wat ek ooit verwag het!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HTS Drosdy
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Soos elke meisie het ek al my idees gepin op my Pinterest bord . Ek het 'n soortgelyke rok op Pinterest gesien en dit gemeng met my eie idees
Ek het nog altyd geweet my rok moes pienk wees en dat dit soos 'n barbie rok moes lyk!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My heel gunsteling deel van my rok is die feit dat ek die onderkant van die rok kan afhaal gehaal word wat die elegante rok verander in party outfit waarin ek gemaklik kon dans sonder dat iemand op my rok trap of beskadig.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19