Zoe Marais

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n rok gesoek wat klassiek en tydloos is, maar tog flambojant. My budget was baie beperk en ek moes mooi meet en pas om hierdie droom rok te vewesenlik. Toe hierdie rok my oog vang op ‘n bekende invoer web blad, het ek net geweet dit is wat ek wou hê. ‘n Spesiale mou-ontwerp was vir my belangrik, so ek het sagte, vloeiende los moue van mesh en kant bygevoeg, wat die rok perfek afgerond het en ‘n andersheid gegee het. Ek wou graag 'n eenvoudige bostuk hê met unieke valle vir die romp en ‘n effense sleep. Een van my vereistes was dat die rok gemaklik moet weesen ek het ook in gedagte gehou dat ek na die Oos-Kaap sou vlieg vir die afskeid, so ek wou 'n rok hê wat min onderhoud benodig en nie maklik sou kreukel nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Brandwag Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Hierdie afskeid was saam met my gunsteling mens, Remy Heymans. Omdat dit sy matriek afskeid was, het ek hom die geleentheid gegee om die kleurskema te kies. Sy grootste droom was 'n “All Black” voorkoms. Ek het my keuses daarvolgens aangepas – en swart was ons kleur. 'n Pinterest-bord gehad het my gehelp om voortdurend idees van rokke, moue, kleure, juwele, ensovoorts te versamel. Dit het my gehelp om my inspirasie te vind toe die tyd aanbreek. Ek het ook besef dat mens wondere kan doen met ‘n klein budget.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Remy se afskeid het in die middel van my rekordeksamen plaasgevind. Ek het direk na my Afrikaanse vraestel Port Elizabeth toe gevlieg en die dag na die afskeid weer terug om betyds te wees vir my drama-eksamens op Vrydag en Saterdag. Op die dag self het ek so mooi en spesiaal gevoel in hierdie rok. Elke element was perfek en het my wildste drome oortref. Ek het baie gemaklik in hierdie droomrok gevoel. Die hele dag was super spesiaal, en ek het dit geniet om aan Remy se sy te wees. My rok het pragtig by sy uitrusting gepas, en ons het 'n ongelooflike “statement” gemaak. Dit was my heel gunsteling deel….

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media