Zoë Biggs

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My metgesel Dillon Slier het my al die 12de Januarie gevra om sy metgesel vir die matriek dans te wees, net daar met baie opgewondenheid het die beplanning begin vir ons albei se uitrustings.
Die ontwerper, Ilze Delport het my visie van my droomrok ontwerp, lewe gegee en ñ realiteit gemaak. Ons kon nie die presiese materiaal kry wat ons in gedagte gehad het nie, maar kon wel ñ besonderse lap kry wat Ilze totaal en al getransformeer het in die eindproduk, my droom rok! Ilze het ñ kombinasie van balans tussen elegansie en vroulikheid gebruik met die skep van die rok van my drome.
Afgesien van my droom rok, en Dillon as my metgesel is ons matriek dans ñ dag wat ek altyd sal onthou en het ek herhinneringe wat ek altyd sal koester.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media