Ziané Saayman

Hoërskool Swartland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ontwerp is my eie en is ontwerp volgens vorms waarvan ek hou. My oop rug en slit is juis met die doel om my gunsteling dele van my liggaam te vertoon. My jas is ontwerp volgens die tema(old money/bridgeton). My rok is ontwerp in n moderne styl en my jas volgens die tema.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Swartland

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie agter my kleur keuse is: Pers - simbolies vir koninklikheid, luuksheid, mag, ambisie, kreatiwiteit, uitspattigheid, waardigheid, grootsheid, onafhanklikheid, trots, vrede, misterie en towerkuns, wat my gunsteling kleur is en by my persoonlikheid pas. Oranje - simbolies vir optimisme, geluk, entoesiasme, jeugdige konneksie, vertroue, spontaan en dapper, wat my kêrel se gunsteling kleur is. Dit verteenwoordig ook die kleure van die strelitzia blom wat simbolies is vir vryheid en onsterflikheid. Die oranje, blink kant bo aan die voorkant van die rok verteenvoordig vlamme, wat aansluit by my hokkie-speler bynaam - Vlam - en die betekenis van my kêrel se naam - Fierce Fire. Dit verteenwoordig die rooikop geen se vurige persoonlikheid. Die simboliese betekenis van vlamme is; kennis, wysheid, krag/mag, energie en passie. Die tema (old money/bridgeton) van die jas sluit aan by die koninklikheid van die kleur pers. Die moue van die jas is ontwerp om vrylik te beweeg in die wind soos wat vlamme sou en verteenwoordig daarom ook die vryheid van die strelitzia. My rok is meer as net 'n inspirasie, dit vertel 'n storie...

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is alles wat my rok verteenwoordig en simboliseer en veral my jas se moue en my rok se vlam-effek (oranje blink kant voor).

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media