Zia Ludick
Helpmekaar Kollege
Tuisdorp
Kempton Park
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Lizan Zondagh Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het iets gesoek wat vroulik en tydloos is, maar steeds uniek , iets wat my persoonlikheid sou weerspieël. Aan die begin het ek glad nie geweet wat ek wou hê nie, so ek het op Pinterest gaan rondkyk vir inspirasie. Ek was dadelik aangetrek tot die sjampanjekleur, omdat dit sag en elegant is, maar tog op ’n besondere manier uitstaan.
Ek het besluit om blommetjies by te voeg om die rok ’n unieke, dromerige gevoel te gee , iets wat my liefde vir detail en sagtheid weerspieël. Ek wou hê my rok moes wys wie ek is: vroulik, natuurlik en selfversekerd. Die belangrikste vir my was dat ek goed en mooi moes voel in my rok , nie net van buite nie, maar ook van binne. Dit is presies wat ek wou gehad het !
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken vir my die einde van een hoofstuk en die begin van ’n nuwe een. Dit verteenwoordig groei, selfvertroue en die mooi balans tussen wie ek was en wie ek besig is om te word. Toe ek die rok aantrek, het dit gevoel asof dit vir my gemaak is. Die kleur, die blomme, alles het perfek saamgewerk.
Ek gaan nie jok nie , ek kyk nogsteeds elke nou en dan na my rok se fotos !
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die aand was toe almal saam gedans het, daardie oomblik toe dit nie meer oor die rokke, die foto’s of die formele dinge gegaan het nie, maar net oor ons almal wat saam lag, sing en dans.
Dit was die perfekte manier om alles af te sluit.
Planne vir na matriek
Ek gaan Sielkunde swot by Stellenbosch Universiteit
Gunsteling woord in Afrikaans
lekker
Datum van matriekafskeid
2025-10-04