Zenobia Vreugde Grobbelaar

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is uit ou denims gemaak wat ek al versamel vanaf 8 jarige ouderdom. My familie, ouma's en oorlede oupa's se denims was ook gebruik. My ander oupa se hemp is aan die binnekant van my bostuk vasgewerk omdat hy nie denims gedra het nie. My rok is n 2 stuk met Korset bokant en romp wat uit laslappie denim patroon bestaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Dit was my en my ma se idee, ons het saam met hierdie wilde unieke idee opgekom en vir 10 jaar daaraan gewerk. Jy sal my amper altyd in n denim sien dus was dit virseker my eerste keuse vir materiaal. My inspirasie om iets buite die boks te doen, kom van my ma, Chantelle Grobbelaar. Ek kan net vir haar dankie se vir haar spontane persoonlikheid wat my geleer het ek mag niks anders as myself wees nie!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is soveel kwaliteite wat my rok definitief spesiaal maak. My oupa se hemp wat gedien het as die voering van my korset, my ander oupa se jean buckle agter op my lae rug en my klein nefie se bitter klein sakkie op my toppie was natuurlik my gunstelling gedeelte van my rok gewees. Al hierdie eienskappe van my jare lange droom het dit baie besonders vir my gemaak dus heg ek soveel sentimentele waarde daaraan.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media