Zanicke Orffer

Tuisonderrig by Edu8SA

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Daar is seker twee van die belangrikste drome in elke meisie se lewe, haar matriekafskeidrok en trourok! Ek is maar klein van postuur en moes iets kies wat by my pas, my sagtheid behou, maar tog n "statement" kan maak met n tikkie "bling"

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hugenote Hoërskool Wellington

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vir my om n Matriekafskeid te kon bywoon was een groot voorreg omdat ek n tuisleerder is. Ek was baie opgewonde die dag toe my vriend my vra om hom te vergesel na sy skool se matriekafskeid en net daar het ek besluit om die geleentheid aan te gryp en vir my die mooiste rokkie te laat maak. Dadelik het ek na opsies begin kyk en dit het vinnig moeilik geraak om te kies. Op die ou end het ek toe n bo-stuk en n onder stuk van 2 verskillende rokkies bymekaar gesit en net daar het ek geweet dit is my rok!!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Vir my was die onderkant my gunsteling gedeelte. Die valle het my sag en soos n "Feëprinses" laat voel. Tog het die deursigte kant insetsel aan die bokant van my rok my vroulik laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media