Zanélle Brink
Hoërskool Duineveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My pragtige rok is noupassend met 'n kort sleep. Die romp klok gedeeltelik uit van my bobene af.
Die bostuk van die rok is slim drapeer om 'n komplimenterende neklyn te vorm. Daar is dun bandjies wat van my rok se bokant om my nek vasmaak om 'n halternek effek te skep.
Die rugkant van my rok het inryg toutjies en maak dat die rok perfek trek.
My rok is van 'n fantastiese swaar satyn gemaak wat dit verskriklik mooi laat hang aan my vorm.
Ek is mal oor my rok!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, ons matriekafskeid het op 9 April 2024 plaasgevind en ek het dit bygewoon.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Dis nogal 'n unieke storie. Ek is van nature iemand wat my bekommer oor alles in die toekoms en goed voorbereid wil wees vir alles. Daarom het my ma dit goed gedink om reeds in my graad 11 jaar 'n afspraak te maak vir my om rokke te begin aanpas sodat ek 'n idee kon vorm of die prentjie in my kop sal werk as 'n rok aan my lyf.
Ek is mal oor alle skakerings van blou en het heeltyd ingedagte gehad dat ek 'n tradisionele wye balrok in 'n skakering van blou wil dra vir my matriekafskeid.
So in Januarie van my graad 11 jaar is ons toe die een Saterdag reg vir ons afspraak en ek begin rokke aanpas.
Ek is nogal lank en het 'n slanke liggaamsbou en elke rok wat ek aangepas het, het net so mooi gelyk en ek was heeltemal deurmekaar.
Ek het heel laaste my matriekafskeidrok aangepas.
Die mees interessante ding van my rok is die kleur. Dit lyk op van die foto's soos wynrooi en op van die ander foto's meer pienk. Die snit was noupassend met 'n kort sleep. Ek het dadelik geweet dis my rok en toe ek omdraai is almal daar in trane omdat ek die rok so "own".
Ek het die rok een jaar terug aangekoop presies soos wat ek dit die aand gedra het. Daar was nie 'n enkele verstelling nodig nie en dit lyk behoorlik of die rok vir my gemaak is.
My rok het toe heel anders gelyk as die prentjie in my kop.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was hoe ek daarin gevoel het.
Die hele rok het gepas asof dit vir my gemaak is en ek het gevoel of ek 'n prinses is.
Die rugkant van die rok was 'n groot gunsteling vir my.
Datum van matriekafskeid?
2024-04-09