Hierdie is my droomrok want dit weerspieel my persoonlikheid - speels en gemaklik. Ek het iets gesoek waarin ek gemaklik voel en waarin ek kan dans met gemak, aangesien dit een van my groot liefdes is. Maryke van Maryke Designs het presies geweet wat ek wou hê en my droomrok lewe gegee.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Kleurvol, flambojant en uniek!
Ek wou 'n rok hê wat uitstaan en tog elegant lyk. Mens het net twee geleenthede om groot te gaan met 'n rok - jou Matriekafskeid en jou troue - en die een moet wit wees. Mens kan net sowel bietjie mal gaan met kleur by die ander een!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek is mal oor die kleure en ook die gemak daarvan. Dit was perfek vir die geleentheid! Ek was bevoorreg om my rok drie keer te dra, en elke keer was ek net meer verlief daarop.