Ek wou graag n skakering unieke skakering groen rok hê vir my matriekafskeid vandag ek nog kan onthou. Ons het n plaaslike ontwerper genader wat ons goed ken met net die kleur en gesê "laat waai".
Ek en Kobus Rautenbach het saam besluit op n noupassende bo stuk, effense lae ruggie wat pas by my haar lengte, gemaak uit n blink basis lap met n laag wat perel en sequin detail op het, elegant, maar wou n besige onderkant he wat vloei maar tog besig is. Ons het besluit op kartels op verskillende lae se some om die besige effek te gee en beweging terwyl ek loop. Ons my rok afgewerk met baie kristal detail in dieselfde kleur skakering as die rok self en bybehore gekies wat kontras toon teenoor my vel skakering en ook die kleur.
Ek het soos n prinses gevoel in die eindproduk, n klein dogtertjie gevoel wat ek na uitgesien het om te hê vandat ek in die laerskool was.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Klerksdorp ( KHS )
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou baie beweging in my rok hê dit was vir my belangrik en my rok moes skitterend wees , die kleur was vir my ń inspirasie omdat dit ń kleur is wat ek weet by my gelaats pas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel was wanneer die son my rok gevang het , het die kristalle lewendig geword , hulle het geskitter, en wanneer ek geloop het , het my rok 'n mooi wip gehad.